CrimeNews

Verskeie padblokkades opgestel

Die polisielede wat in die Sunnyside-cluster werk het Donderdag verskeie padblokkades opgestel en inhegtenisnemings gedoen.

‘n Vrou van die Moot is Donderdagoggend by ‘n polisie-padblokkade in Gezina weens die vermoedelike besit van dwelms in hegtenis geneem.

Polisie van die Moot, Villieria, Garsfontein, Lyttelton en Brooklyn het by verskeie punte blokkades opgestel, deels in ‘n poging om mense meer veiligheidsbewus te maak.

Kaptein Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, sê die polisie was ook op die uitkyk vir dwelms, huisbreek-gereedskap, gesteelde voertuie en gesteelde goedere.

Daar is op ‘n aantal roof-DVDs beslag gelê.

Weilbach sê die polisie sal teen die einde van die dag syfers hê oor inhegtenisnemings, voertuie wat deursoek is en onwettige of gesteelde goedere wat teruggekry is.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button