
Die Moot-polisie is steeds op soek na Riviera se berugte rooilig-rowers.
Adjudant-offisier Anton Breedt, polisie-woordvoerder, het gesê dié twee mans teiken motoriste en voetgangers by verkeersligte.
“Hulle gaan tot aksie oor wanneer ‘n motoris by ‘n rooi verskeerslig stilhou. Terwyl die een die motoris se aandag aftrek deur hom te nader vir geld, bekruip sy makker die motor van die anderkant af. Hy wag sy kans af en sodra daar ‘n opening is gryp hy enigiets wat waardevol lyk.”
Breedt sê daar is ‘n effense toename in rooilig-diefstalle veral in Annie Botha Laan, Steve Bikoweg en Johan Heynsweg.
Hy maan voetgangers, wat soms ook geteiken word, om ander roetes te gebruik indien moontlik en deurentyd op hul hoede te wees.
“Baie studente gebruik die pad en dit raak gevaarlik. Indien moontlik, moet hulle dit eerder net vermy.”
Breedt voersoek motoriste om hulle vensters toe te hou en te sorg dat niks hul aandag aftrek nie. “Kyk rond en wees bewus van jou omgewing.”
Enigiemand met meer inligting oor die rooilig-rowers kan adjudant-offisier Gina Brink by 012-353-5403 bel.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.
