Daspoort-tonnel oop ná mislukte selfmoordpoging
Die Daspoort-tonnel was vir byna twee ure gesluit nadat ’n man glo selfmoord wou pleeg.

Die Daspoort-tonnel is teen 17:00 Sondagmiddag oopgemaak nadat ’n man glo selfmoord wou pleeg.
Conrad Naude, voorsitter van die Hercules GPF, het gesê ’n verbyganger het die huilende man op die berg bo die tonnel opgemerk en die nodige nooddienste gekontak.
Hy het gesê sektorlede asook die polisie het by die toneel opgedaag en die tonnel vir veiligheid gesluit.
“’n Onderhandelaar het met die man gepraat en na so twee ure het die man besluit om af te kom,” het Naude gesê.
Die man is na ’n nabygeleë hospitaal gevat vir mediese behandeling.
Naude het gesê die tonnel is weer op en motoriste kan weer vrylik beweeg.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
