CrimeNews

Meisies kry skok van hul lewens toe man ontbloot

Ouers word gevra om hul kinders te waarsku dat ’n jongman wat op ’n motorfiets ry homself aan jong skoolkinders ontbloot.

’n Twintig-jarige blonde man ry doelbewus in die Moot op sy rooi, wit en swart motorfiets rond en ontbloot homself aan jong laerskoolmeisies.

Theo Breedt, stigter van Moot Crime Prevention (MCP), sê die man is in verskeie dele van die Moot doenig.

Volgens Breedt ry die man tot naby ’n laerskoolmeisie en paai hulle om nader te kom. “Wanneer die meisies nader beweeg dan ontbloot die man homself aan hulle en jaag dan weg.”

Breedt sê die jongste voorval was Vrydagoggend naby Laerskool Pierneef. “Die onbloter ry glo op ’n rooi, wit en swart motorfiets rond. Hy is blond en lyk of hy in sy twintigs kan wees.”

Breedt versoek ouers om hulle kinders paraat te maak, en indien enige iemand die verdagte man opmerk, om dadelik ’n ‘uitkyk’ op die MCP WhatsApp-groepe te sit, as hulle deel is van die groep.

Polisie-woordvoerder Adjudant-offisier Dave Muller het bevestig dat die Moot-polisie ’n saak van onsedelike blootstelling ondersoek.

“Die polisie is bewus van net een voorval. Die saak word ondersoek,” het hy gesê.

Woordvoerder van Villieria-polisie Kaptein Coba Brits het bevestig dat hulle ook weet van die man.

Enige iemand wat by die MCP-groepe betrokke wil raak, kan ’n e-pos na mootcrimeprevention@gmail.com stuur.

Lees ook:

Man wat hom ontbloot skok skooldogters

Man ontbloot hom aan kind

Nog ‘n ontbloter doenig

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button