CrimeLocal newsNews

Pasop vir swendelaar in Pretoria

Swendelaar doen homself voor dat hy beseer is om goedhartiges te besteel.

‘n Swendelaar wat hom voordoen asof hy  in pyn is, besteel mense regoor Pretoria.

‘n Waterkloofhoogte-vrou wat vir veiligheidsredes anoniem wil bly, sê die man stel homself voor as Raymond Kruger en vertel glo dat hy in verskriklike pyn is.

Sy vertel dat die man haar sowat twee maande gelede omgepraat het om hom by sy huis af te laai, nadat sy vir hom kruideniersware en kontant gegee het.

“Ek voel nou simpel daaroor, maar hy het my vertel van sy vrou en kinders by die huis en ek kon dit nie oor my hart kry om hom nie te help nie,” het die vrou gesê.

Saterdagmiddag het dieselfde man haar huisklokkie gelui, op soek na nog geld en hulp. Toe sy vir hom sê sy gaan mense teen hom waarsku, het hy haar gedreig.

“Hy het in die straat afgeskree dat hy gevaarlike mense ken en dat ek nie met sy ‘besigheid’ moet inmeng nie.”

Christelike Maatskaplike Raad( CMR)-Noord se bemarkingsbestuurder, Anja le Cornu, wat die selfde man al in Rietfontein en Groenkloof gesien het, waarsku dat mense versigtig moet wees voor hulle iemand help.

“Wanneer jy nie deur ‘n organisasie soos die CMR werk om mense te help nie, loop jy die gevaar om deur leuenaars gekul of besteel te word. Die CMR werk baie met sulke mense, maar ons het nog nooit self met dié man te doen gehad nie,” het sy gesê.

Die man is laat Saterdagmiddag in die Moot-omgewing gesien.

Volgens polisiewoordvoerder Sersant Asnath Melatsi is die Moot-polisie onbewus van enige klagtes teen hierdie man.

“Die Moot-polisie waarsku inwoners om enige diefstal dadelik te rapporteer,” het Melatsi gesê.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button