CrimeLocal newsNews

Man in koma na baksteen-aanval

'n Mountain View-man met baksteen aangeval.

‘n Mountain View-man is in ‘n koma nadat hy vroeër die week met ‘n baksteen aangeval is.

Pieter Potgieter (47), wat los-werkies vir mense doen om geld te verdien, het Dinsdag tuinwerk vir iemand in Mountain View gedoen.

Hy het na die dag se werk by sy werkgewer se hek uitgestap toe hy deur ‘n man oorval en met ‘n baksteen oor die kop geslaan is.

Volgens Potgieter se suster, Landa Jacobs, is Potgieter na Steve Biko-akademiese-hospitaal geneem, waar hy Woensdag ‘n breinoperasie ondergaan het.

“Hy het in ‘n koma verval en moes Vrydag vir nog ‘n nood-operasie gaan, omdat hy bloeding op die brein gehad het,” het ‘n hartseer Jacobs gesê.

“Die hospitaal meen dat dit ‘n week of twee kan wees voor hy uit die koma ontwaak, maar die dokter het hom ook ‘n vyftig-persent kans op oorleweing gegee na sy tweede operasie.”

Volgens Jacobs is haar broer se aanvaller ‘n hawelose man wat mense oorrompel en hulle geld steel.

“Pieter het net klaar gewerk en die man het seker gedink hy het geld by hom,” het sy gesê.

“Dieselfde man het hom ‘n paar maande gelede ook aangeval en sy ribbes afgeskop. Die aanvaller is bekend daarvoor dat hy mense aanval wat geld het,” het sy gesê.

Die polisie is nog nie in kennis gestel van die aanval nie, maar volgens Jacobs beplan die familie om vandag ‘n klag by die polisie te lê.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button