CrimeLocal newsNewsUpdate

Baksteen-slagoffer steeds in ‘n koma

Die man wat verlede week met 'n baksteen aangeval is, het Maandag 'n derde noodoperasie ondergaan.

‘n Man van Mountain View moes ‘n derde noodoperasie ondergaan na ‘n baksteen-aanval vroeër die week wat hom in ‘n koma gedompel het.

Pieter Potgieter (47), wat tans by Steve Biko Akademiese-hospitaal aansterk, het reeds twee keer verlede week operasies ondergaan het om blopeding op sy brein te verlig, is nog ‘n operasie Maandag gedoen, hierdie keer om ‘n gaatjie in sy keel te maak sodat hy gemakliker kan asem haal.

Sy suster Landa Jacobs sê is die familie bitter bekommerd oor sy gesondheid omdat hy na die eerste brein operasie in ‘n koma verval het.

Potgieter, wat los werkies vir mense doen om geld te verdien, het Dinsdag tuinwerk vir iemand in Mountain View gedoen.

Hy het by sy werkgewer se hek uitgestap na werk en is deur ‘n man oorval en oor die kop geslaan met ‘n baksteen.

“Pieter het net klaar gewerk en die man het seker gedink hy het geld by hom. Dieselfde man het hom ‘n paar maande gelede ook aangeval en sy ribbes afgeskop. Die man is bekend dat hy mense aanval wat geld het.”

Jacobs sê dit is nie duidelik of haar broer se aanvaller wel met geld weggekom het nie.

Die Hercules-polisiekantoor se woordvoerder, Kaptein Bonginkosi Msimango, sê die aanval nog nie by die polisie aangemeld nie.

Kacobs sê die famile beoog om binnekort, saam met die verklaring van ‘n ooggetuie, ‘n klag by die polisie in te dien.

Intussen stroom boodskappe oor die vooval, van geskokte Rekordlesers, in op Facebook.

Ester van der Westhuizen skryf: “My hart wil breek as ek ons mense in so ‘n toestand sien en dit deur ‘n gemors nan ‘n hartelose barbaar!”

Letta CS Jacobsohn sê: “Kan nie verstaan dat hy so lank rondloop en daar word niks aan gedoen nie.”

‘n Ander boodskap is direk aan die familie gerig: “Ag, ek bid dat hy volkome sal herstel. Sterkte!”

Sommige lesers gebruik sterker woorde om hul ontsteltenis oor te dra.

“Word so f… baie kwaad,” skryf Amanda Bezuidenhout.

‘n Ander leser sê: “Dit is d… barbaars.”

Lees ook: Man in koma na baksteen aanval

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button