Drie aangekeer vir gewapende roof
Drie verdagtes is vasgetrek nadat hulle 'n sake-onderneming in Lindopark probeer beroof het – ‘n vierde is op vrye voet.
Villieria-polisie het Dinsdagmiddag net na 13:00 drie verdagtes vasgetrek, kort nadat hulle ‘n sake-onderneming in Stormvoëlweg, Lindopark probeer beroof het.
Volgens polisiewoordvoerder Kaptein Coba Brits is ‘n vierde verdagte nog op vrye voet.
“Die verdagtes, wat aangekla word van gewapende roof, is naby die toneel vasgetrek en inhegtenis geneem,” sê Brits.
Ancelize van der Kooi sê op die Facebook-blad Moot Misdaad polisie het die verdagtes in Colbyn vasgetrek, met behulp van Kilnerpark– en Quatro-sekuriteit.
Volgens Van der Kooi het die vier verdagtes in ‘n wit Corsa probeer vlug voor drie van hulle aangekeer is.
Lees ook: Man in maag geskiet
Daspoort-tonnel oop na mislukte selfmoordpoging
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
