Dit word berig dat Marli van Breda nog nie met haar broer Henri herenig is na die grusame aanval en moord op hul pa Martin (54), ma, Theresa (55) en 22-jarige broer, Rudi nie.
Volgens verskeie berigte, het Marli al teruggekeer na die moordtoneel, maar lei blykbaar aan geheueverlies en kan glad nie onthou wat gebeur het op 27 Januarie 2015 nie.
Marli het wel al haar skool, die Somerset College besoek en het heelwat tyd saam maats spandeer. Sy sal binnekort terugkeer skool toe en van vooraf weer soos ‘n normale tiener by die gemeenskap inskakel.
Daar is nog geen arrestasies gemaak in die Van Breda moordsaak nie.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
