CrimeLocal newsNews

Skool se kragopwekker gesteel

Rietvlei Akademie se nuwe kragopwekker gebuit in naweek-diefstal.

Die kragopwekker van ‘n privaatskool in Rietvalleirand is die naweek gesteel.

Die skoolhoof van Rietvlei Akademie, Carinda Habig, sê die diefstal is Maandagoggend opgemerk.

“Toe ons vanoggend (Maandag) die klasse begin oopsluit om skool te gaan, sien ons die kragopwekker is gesteel. Ons het die toestel nog nie eens een keer gebruik nie,” vertel sy.

“Die kragopwekker was op ‘n plek weggesteek wat amper heeltemal toegebou is. Soos die dag aanstap, sal ons seker agterkom of nog iets gesteel is. Op hierdie punt weet ons nog nie wie dit gesteel het nie.”

Die diefstal is by die Lyttelton polisiestasie aangemeld, en enigiemand met inligting daaroor word gevra om die polisie te bel by 012-644-8600.

Habig hoop dat dit dalk vir ‘n goedhartige inwoner moontlik sal wees om intussen ‘n opwekker aan die skool te leen.

“As enigiemand ‘n kragopwekker vir die skool kan leen, sodat ons met die klasse kan voortgaan, sal dit verskriklik baie waardeer word.”

Rietvlei Akademie se nommer is 083-258-2593.

Rietvlei Akademie maak voorsiening vir kinders wat gediagnoseer is met die sindroom van hiperaktiwiteit of aandag-afleibaarheid.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Lees ook: “Kragopwekker-diewe” binne twee dae agter tralies

Safety tips for generator usage

Generator thieves on the loose

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button