CrimeLocal newsNews

Blitsige reaksie fnuik boewe

Paartjie van Lyttelton deur blitsige optrede van gemeenskap gered.

‘n Benoude paartjie van Lyttelton is uit ‘n gevaarlike situasie gered toe verskeie Centurion-groepe hul blitsig te hulp gesnel het.

Mia Ecroignard en Charles Geer het op Sondag 10 Mei groot geskrik toe hulle laat die aand besef dat iemand ‘n venster in hul huis probeer breek.

“Toe ek die geluid hoor het ek onmiddellik ‘n boodskap op die Facebook-blad People Who Live in Centurion (PWLIC) geplaas dat dit klink asof iemand by ons huis probeer inbreek het,” sê Ecroignard.

“Amper onmiddellik na ek dit geplaas het, het ek ‘n oproep ontvang van ‘n Monitor Net reaksie-offisier wat sê hy is op pad en het op die slimfoontoepassing Zello gevra dat ander reaksielede en Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) ook reageer.”

Binne minute was ‘n groot groep mense buite hul voordeur.

“Iemand het ons kompleks se hek vir die groep oopgemaak. Dit was skaars 10 minute nadat ons vir hulp gevra het dat lede van CopWatch, Centurion Concerned Citizens (CCC), die Lyttelton Sektor 1 GPF Forum en Monitor Net aan ons voordeur klop. Ons het toe oopgemaak, en die groep het ons huis en die hele kompleks begin deursoek,” vertel Geer.

“Ons is so dankbaar dat groepe soos CCC en toepassings soos Zello bestaan. Die skurke het ongelukkig ontsnap voor almal daar aangekom het, maar gelukkig is ons nie beseer nie,” sê die paartjie.

Theo Petzer, operasionele bestuurder van Monitor Net, sê die firma help altyd waar hy kan.

“Ons monitor sosiale media en Zello aktief by ons beheersentrum, en as iemand hulp kort en ons kan dit verleen sal ons help.”

Verlede maand het lede van CCC en Monitor Net ‘n vrou op 26 April gered van boewe wat by haar huis probeer inbreek het. Sy het ook op PWLIC om hulp gevra en is binne minute gehelp.

Lees ook: Nóg ’n fietsryer by monument aangeval

Drie aangekeer vir gewapende roof

Pasop vir swendelaar in Pretoria

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button