CrimeLocal newsNews

Diewe misgis hulle met motorhuis

Rowers jaag teen 'n muur vas nadat hulle ’n dubbelkajuit-bakkie wou roof.

Drie diewe het Saterdagaand bedroë daarvan afgekom toe hulle met ‘n gesteelde voertuig in ’n motorhuis vasgejaag het.

Hulle het so groot geskrik dat aldrie die hasepad gekies het.

Drie gewapende mans het omstreeks 19:15 ’n werknemer en sy vrou op ’n kleinhoewe in Paardefontein, in die noorde van Pretoria, oorweldig.

Die rowers het hulle opdrag gegee om die stoorkamer oop te sluit waar die dubbelkajuit-bakkie gestaan het. Toe hulle weier, is hulle aangerand. Hulle het uireindelik die sleutel oorhandig.

Marietjie Peense, hoof-koördineerder van die Praesidium-buurtwag, sê ‘n buurtwag-vergadering is op daardie tydstip by haar huis, sowat 150 meter van die kleinhoewe, gehou.

Tydens die vergadering is ‘n groot slag by die kleinhoewe gehoor.

“Ons het ons na die kleinhoewe gehaas om ondersoek in te stel en ’n silwer dubbelkajuit-bakkie gesien wat teen die muur van ’n motorhuis gejaag het.”

Die drie rowers het glo gestry oor wie die bakkie gaan bestuur. Toe hulle uiteindelik tot ‘n besluit kom, het die gekose bestuurder te vinnig agteruit gery en die motorhuis getref.

Peense sê die rowers uit die bakkie gespring en te voet gevlug.

“Ons vermoed ’n vierde rower het in ’n wegkom-voertuig buite die kleinhoewe vir hulle gewag. Inwoners het ’n verdagte wit bakkie opgemerk.”

Sy het haar dankbaarheid teenoor die Kameeldrift-polisie en landelike-beveiligingseenheid se vinnige optrede uitgespreek.

Lees ook:

Blohm se eks aangehou tydens gewapende roof

Drie aangekeer vir gewapende roof

Man falls from roof of shopping centre

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button