Kameeldrift-rower doodgeskiet
'n Rower is dood en twee ander word deur die polisie gesoek na 'n mislukte huisroof in Kameeldrift-oos Dinsdagoggend.

‘n Rower is in die vroeë oggendure van Dinsdag op ‘n kleinhoewe in Kameeldrift-oos tydens ‘n gewapende roof doodgeskiet.
Die eienaar van die huis het wakker geskrik van ‘n vreemde geluid. Hy het ondersoek ingestel en drie gewapende mans in sy huis betrap.
Polisiewoordvoerder Mirna von Benecke sê twee van die rowers het die hasepad gekies terwyl die derde die huiseienaar getakel het.
Die huiseienaar het twee skote afgevuur voordat die derde man ook weggehardloop het.
Sy sê die polisie het die beseerde man by ‘n heining teëgekom waar hy ineengestort het weens skietwonde. Hy is later aan sy wonde dood.
Von Benecke sê die twee rowers het daarin geslaag om verskeie items uit die huis te roof.
Sy sê ‘n saak van huisroof en moord word deur die Kameeldrift-polisie ondersoek.
Lees ook:
Diewe misgis hulle met motorhuis
Drie aangekeer vir gewapende roof
Man falls from roof of shopping centre
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
