CrimeLocal newsNews

Seun skiet maat op skoolbus

’n Jong seun is ernstig gewond toe ’n skoolmaat hom skiet.

’n Jong seun is ernstig gewond toe hy deur ’n maat in ’n skoolbus  in Onderstepoort geskiet is.

Mirna von Benecke, woordvoerder van die Sinovolle polisiekantoor, sê die twee seuns, albei 15 jaar oud, het saam in ‘n skoolbus gery toe die een die ander skiet.

Dit het op die hoek van Lavender- en Linveltstraat gebeur.

“Die rede vir die skietery is nog nie bekend nie. Dit is ook nie duidelik waar die die vuurwapen vandaan gekom het nie, maar die vermoede is dat dit aan ’n familielid behoort,” sé Von Benecke.

“Die seun wat geskiet is, is in albei bene getref en is hospitaal toe gehaas.”

Sy sê ’n poging tot moord word ondersoek.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button