Local newsNews

Angs laat Manie Jackson in die hospitaal beland

Die sanger Manie Jackson is weens angsaanvalle in die hospitaal opgeneem en gaan vir 'n onbepaalde tyd daar bly, maar sal homself van tyd tot tyd ontslaan om sy vertonings te doen.

Die sanger Manie Jackson is met angsversteuring gediagnoseer en word in die Vaalpark Mediclinic in Vereeniging behandel.

Jackson, bekend vir sy Bles Bridges-vertolkings, is Sondag in die hospitaal opgeneem nadat hy verlede Vrydag ‘n angsaanval by ‘n vertoning in Witbank gekry het.

“Ek het besef iets is fout, want ek word al die afgelope ruk deur angsaanvalle geteister. My stresvlakke is ook baie hoog,” het hy Vrydag uit sy hospitaalbed vertel.

“Ek het in ‘n stadium nege vertonings per week gedoen en daar is ‘n wit kol op my stembande ontdek. Ek het besef ek moet ‘n bietjie afskaal.”

Jackson, wat deesdae tussen drie en vier vertonings per week doen, het by vriende gekla dat hy baie moeg is en rus nodig het. “Dit is ook waarom die dokters besluit het om my op te neem,” het Jackson gesê.

Hy het die komende naweek nog twee vertonings, maar wil niks afstel nie.

“Ek sal dit nooit doen nie. Ek het Vrydagaand ‘n vertoning by die 4 Ankers NG-gemeente en Sondag is ek in Rayton.”

“Ek kry ‘n hospitaalpas om my vertonings te doen, maar daarna is ek weer terug in die bed.”

Jackson sê hy gaan vir ‘n onbepaalde tyd in die hospitaal bly, maar sal al sy vertonings doen. “Ek is gelukkig in die komende maand nie baie besig nie.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button