Voetganger sterf ná dwaalkoeël
’n Voetganger is Maandagoggend doodgeskiet nadat ’n dwaalkoeël haar noodlottig gewond het toe’n skietery tussen die polisie en vier gewapende mans in die Moot losgebars het.
‘n Vrou is Maandagoggend in die Moot doodgeskiet nadat ‘n drankwinkeleienaar beroof en gewond is.
Polisiewoordvoerder Konstabel Tumisang Moloto sê die drankwinkeleienaar is omstreeks 10:05 op die hoek van Swemmerstraat en Steve Bikoweg beroof.
Hy was in sy voertuig op pad bank toe, toe twee mans hom by sy voertuig oorval.
“Een van die gewapende mans het die eienaar in die arm geskiet en met ‘n onbekende bedrag geld van die toneel gevlug.”
Hy sê die polisie het die wegkomvoertuig, ‘n silwer Honda Ballade, met die vier gewapende insittendes agterna gesit.
‘n Skietery het tussen die polisie en die rowers op die hoek van Fred Nicholsonstraat en Smook Laan losgebars waar ‘n voetganger raakgeskiet is.
Die 40-jarige vrou is op die toneel dood.
Moloto sê die vier rowers het in ‘n westelike rigting weggejaag en spoorloos verdwyn. Die voertuig se registrasienommer was BF 29 NM GP.
LifeLine-ambulansdienste het die gewonde man na die Eugene Marais-hospitaal gehaas.
Eienaar Andalene Fourie sê hy is in ‘n ernstige toestand opgeneem.
Die Wonderboompoort-polisie stel ondersoek in.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
