CrimeLocal newsNews

Kinderveiligheid ’n prioriteit

Die Sinoville-polisie en verskeie ander rolspelers het kinderbeskermingsweek by Hoërskool Overkruin en Laerskool Stefanus Roos op Maandag afgeskop. Die doel van die week is om kinders te bemagtig en die regte kanale te leer om misdaad aan te meld.

 

Kinderbeskermingsweek het Maandag by Hoërskool Overkruin en Laerskool Stefanus Roos afgeskop in ‘n poging om mense meer bewus van kinderveiligheid te maak.

Deelnemers aan die veldtog sluit in die Sinoville-polisie, die Sinoville-krisissentrum, die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) in Wonderboom, die Rock of Hope (plek van veiligheid) en plaaslike kerke.

Mirna von Benecke, woordvoerder van die Sinoville-polisie, sê die week sal risiko-groepe teiken met die doel om te voorkom dat kinders slagoffers van misdaad word.

“Om verdere misdaad teen kinders te voorkom, beoog ons om die beskikbaarstelling van hulpbronne en bekendmaking van bestaande steunstelsels met hulle te deel,” sê Von Benecke.

Sy sê een van die polisie se aksieplanne is om ‘n ‘Chopper Cop’ karakter te skep wat by die kinders weerklank sal vind — iemand wat hulle sal nader wanneer hulle probleme ervaar.

Tydens die week besoek Adjudant-offisier Chopper van Wyk, ook bekend as die ‘Chopper Cop’, elke skool in ‘n helikopter. “Elke skool gaan ook ‘n houer kry waarin kinders briewe vir Chopper Cop kan skryf.”

Sy sê die verskillende organisasies gaan ook inkleurprentjies van ‘Chopper Cop’ aan 32 kleuterskole uitdeel en die 10 beste inskrywings kan ‘n ete saam met Chopper Cop wen.

Die 32 kleuterskole gaan op 29 Mei vanaf 14:30 tot 15:00 by Laerskool Magalieskruin bymekaar kom.

Die res van die week se besoeke sluit in Laerskool Magalieskruin, Doornpoort Primary, Hoërskool Montana, Northridge Primary en Laerskool Wonderboom.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button