
‘n Mayville-inwoner het skade van sowat R20 000 gely toe elektroniese gereedskap Woensdag uit sy sleepwaentjie gesteel is.
Dolf Storm sê die dief was byna twee ure lank doenig in sy erf.
Interne videobeelde wys hoe ‘n man, geklee in ‘n swart baadjie en blou mussie, omstreeks 02:00 oor die muur spring en die hekmotor ontkoppel om toegang tot die voertuie te kry.
“Hy het eers die gereedskap uit die erf gedra en daarna na my bakkie geloop. Hy het so effe aan dit gestamp en die venster uitgeslaan, maar dit is toe die motor se alarm afgaan en hy rustig wegloop,” sê Storm.
Hy sê dit is die tweede keer dat daar ‘n inbraak op sy erf is.
“Die eerste keer het die diewe met duisende rand se besittings spoorloos verdwyn.”
Storm sê hy het nog nie die diefstal aangemeld nie.
Kyk na die video hier:
Kyk na fotos hier:
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
