CrimeLocal newsNews

Laerskool Wierdapark se skootrekenaars gesteel

Rowers het Dinsdagaand deur die dak van die Laerskool Wierdapark geklim en met tien skootrekenaars weggekom.

Laerskool Wierdapark, Centurion, is Dinsdagaand van 10 skootrekenaars beroof toe rowers vermoedelik deur die dak geklim het.

Skakelbeampte Hennelie Kotze sê hulle vermoed die rowers het deur die dak van die administratiewe gebou geklim en so toegang tot die skool verkry.

Die skool het baie goeie veiligheidsmaatreël en ook ‘n alarmstelsel, maar dit lyk of die rowers die alarmstelsel vernietig het. “Die alarmstelsel is uit die muur gepluk,” sê Kotze.

Die skootrekenaars het aan die administratiewe personeel behoort. “Dit is die eerste keer in ‘n baie lang tyd dat daar by die skool ingebreek word,” sê Kotze.

Laerskole in die omgewing is die afgelope jaar geteiken deur misdadigers wat veral op leerlinge se tablette toegeslaan het. Kotze sê leerlinge aan Laerskool Wierdapark het nog nie tablette nie.

Lede van die Wierdabrug-polisiekantoor het vroeg Woensdagoggend verklarings by die skool afgeneem, maar hulle het nog nie ondersoek ingestel na vingerafdrukke nie.

Die polisie het bevestig hulle ondersoek ‘n roofsaak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button