CrimeLocal newsNews

Lyk in noorde ontdek

Die liggaam van 'n jong man is Donderdagoggend naby die Wonderboom Landbouhoewes gevind.

‘n Jong man is Donderdag dood gekry in die Paul Krugerstraat-uitbreiding naby die Wonderboom-landbouhoewes.

Sinoville-polisiewoordvoerder Mirna von Benecke sê voetgangers het die lyk omstreeks 07:00 ontdek en die polisie ontbied.

Die man was tussen 18 en 22 jaar oud.

“Op hierdie stadium is daar geen aanduiding van misdaad nie. Die oorsaak van sy dood word ondersoek.”

Sy sê die man se identiteit kon nog nie vasgestel word nie.

“Ons versoek enigiemand wat ‘n familielid, vriend of kennis vermis wat by hierdie beskrywing pas om die Sinoville-polisie te bel.”

Lees ook:

Vrou se lyk in bosse gevind

Tiener suster vind broer se lyk na selfmoord

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button