CrimeLocal newsNews

Oud Pretoria polisieman geskiet in aanval

Verloofde is ’n held in gesin se oë nadat hy, met drie skietwonde, nog steeds rowers uit sy huis gehou het.

’n Oudpolisieman van Pretoria herstel in die dr. George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa nadat hy verlede Vrydag drie keer in ’n plaasaanval geskiet is.

Die 43-jarige Danie Robbertse word deur sy gesin as ’n held beskou nadat hy ten spyte van drie skietwonde verbete teen twee rowers geveg het.

Robbertse se verloofde Amanda Brooks sê dit gaan goed met hom onder omstandighede.

Brooks en Robberste het by dogter Alicia Harmse in Buffelspoort vir die naweek gaan kuier.

“Daar is twee huise op die plaas. Alicia bly in een terwyl haar skoonouers in ’n ander huis op die plaas woon. Haar verloofde was weg vir werk en dit is hoekom ons daar oorgeslaap het,” vertel Brooks.

Sy en Robberste kom oorspronklik van Mooinooi naby Buffelspoort.

Brooks sê sy het Vrydagaand onrustig gevoel en die twee het later as gewoonlik gaan slaap.

“Net ná middernag het ek iets in die kombuis gehoor en aangeneem dat dit ’n muis kan wees. Ek het opgestaan en na die kombuis geloop en die onderste oopgedeelte van die kombuisdeur opgemerk. Die rowers het ons seker maar gehoor praat en skielik die onderste gedeelte van die deur begin oopskop,” sê Brooks.

Beide Robbertse en Brooks het na die deur gehardloop en die boonste stuk probeer toe hou. Die rowers het daarna op die paartjie van buite af op hulle geskiet.

“Ek het vir na Alicia se kamer gehardloop en vir haar gesê om hulp te ontbied. Danie het steeds die deur probeer toe hou. Hy was so dapper selfs al het skote verby hom gevlieg. Ek het Danie se liggaam gesien ruk een aanvanklik gedink hy is in die bors getref, maar genadiglig was hy net in die skouer en in albei sy bene gewond,” sê Brooks.

Een van die rowers het daarin geslag om in die huis te kom. Die rower en Robberste het gestoei waarna Robbertse ’n gholfstok in die hande gekry het en die rower daarmee geslaan het.

Intussen het Brooks die rower met ’n plank geslaan en hom met ’n klein bankie gegooi in die hoop om hom van haar verloofde af te kry.

Sy sê die aanvaller het opgespring en na die kombuistafel gehaardloop en Harmse se tablet en handsak gegryp. Van daar af is hy in die slaapkamer en die paartjie se selfone gesteel. Terwyl die rower in die huis rondhardloop vir waardevolle besitting het die rower wat buitekant was nog steeds skote afgevuur.

“Ek kan eerlike waar nie sê hoeveel skote hy afgevuur het nie. Dit voel soos honderde. As ek my oë in die aande toe maak dan hoor ek nog steeds die skote klap.

Lees ook:

Multi-million rand projects on cards

159 arrested over the weekend

Petrol drinking at church condemned as health risk

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
Oudpolisie man van Pretoria, Danie Robbertse, herstel in die dr. George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa nadat hy drie keer in ’n plaasaanval geskiet is.
Oudpolisie man van Pretoria, Danie Robbertse, herstel in die dr. George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa nadat hy drie keer in ’n plaasaanval geskiet is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button