CrimeLocal newsNews

Moot-rowers geskiet en vasgetrek

Twee rowers is geskiet en gewond nadat ’n skietery tussen hulle en die polisie op die hoek van Steve Bikoweg en Fred Nicholsonstraat losgebars het.

Twee rowers is Woensdag in die Moot deur wakker inwoners en dapper polisiemanne vasgetrek nadat hulle ‘n motorhandelaar in Franzinastraat beroof het.

‘n Ooggetuie, wat verkies om anoniem te bly, sê hy het een van die gewonde rowers in Steve Bikoweg sien hardloop toe hy en ander omstanders hom agterna gesit en in Johan Heynsweg vasgetrek het.

“Die polisie het intussen die tweede rower in Fred Nicholsonstraat gevang. Hulle het uitstekende werk verrig,” het die ooggetuie gesê.

Albei rowers is geskiet en gewond.

Polisiewoordvoerder sersant Ann Poortman sê drie tot vier rowers het by ‘n motorhandelaar ingestap en die werknemers aangehou.

“Hulle het in ‘n swart BMW en ‘n silwer Audi TT gespring en weggejaag. Die swart BMW is ‘n kliënt se kar. ‘n Werknemer het enkele minute later ‘n Wonderboompoort-polisie kar gestop en hulp ontbied. Hulle het die BMW agternagesit.”

Sy sê die rowers het op die hoek van Steve Bikoweg en Fred Nicholsonstraat op die polisie begin skiet. “Die polisie het teruggeskiet en albei rowers gewond.”

Een van die rowers het uit die kar gespring en weggehardloop, maar is deur omstanders in Johan Heynsweg gevang. Die tweede rower is by die BMW deur Moot- en Wonderboompoort-polisie in hegtenis geneem.

Poortman sê hul medepligtiges in die silwer Audi TT het gevlug.

Die polisie stel ondersoek in.

Lees ook:

Voetganger sterf ná dwaalkoeël

Wespark SPAR robbed

Man nabbed after shootout

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

'n Tweede rower is op die hoek van Steve Bikoweg en Fred Nicholsonstraat deur polisie in hegtenis geneem. Foto verskaf.
‘n Tweede rower is op die hoek van Steve Bikoweg en Fred Nicholsonstraat deur polisie in hegtenis geneem. Foto verskaf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button