Community galleriesGalleriesLifestyleLocal newsNews

Karnaval bied pret en lekker kos

Lekker kos en hope pret by die jaar se Karnaval.

Die NG Kerk Magalieskruin hou Saterdag hul jaarlikse karnaval en vanjaar beloof om iets besonders te wees.

Volgens ds. Corné Bootha, is die tema vir vanjaar se karnaval, Hart vir Mense.

“Ons het weer lekker kos, groente en vrugte en verskeie stalletjies, terwyl ons ook ander aktiwiteite het, insluitend rekspring,” het Bootha gesê.

“Vanjaar het ons ook ‘n kindergedeelte, waar ouers hul kinders kan laat om deel te neem aan inkleur- en danskompetisies, springkasteelspring en meer, terwyl ouers rustig al die stalletjies kan besoek.”

Die doel van dié karnaval is om die gemeente te betrek en almal voor te stel aan belangrike groepe, insluitend die polisie, die gemeenskapspolisiëringsforum, ere-wildbewaarders en die Sinoville-krisissentrum.

“Dit is ook ons grootste geldinsameling vir die jaar en ons hoop om sowat 2 000 mense Saterdag te vermaak.”

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button