CrimeLocal newsNews

Polisie waarsku teen diewe op straat

Die polisie maan motoriste dat breek-en-gryp-diewe baie aktief is op twee straathoeke in Sinoville.

Breek-en-gryp-diewe is baie aktief op twee straathoeke in Sinoville, waarsku die polisie.

Woordvoerder Mirna von Ben sê hulle fokus op die kruising van Breedstaat en Sefako Makgathoweg en dié van Lavenderweg en Paul Krugerstraat.

Die meeste breek-en-gryp-misdade word tussen 05:00 tot 07:00 en laat in die middae gepleeg.

“Die straatligte deur Die Poort is nie altyd in werkende toestand nie en maak die lewe makliker vir die diewe. Motoriste wat dié paaie gebruik, word versoek om waardevolle items te alle tye in die kattebak toe te sluit,” sê Von Benecke.

Sy maan voetgangers om ook bedag te wees op sogenaamde ‘profete’ wat lokvalle stel om mense te beroof.

“Vermy vreemde mense op straat en wees paraat. Ons versoek inwoners om nie enige vreemde mense op die erf toe te laat voordat hul identiteit bevestig is nie,” sê Von Benecke.

Sy sê indien ‘n huiseienaar werk laat doen by sy woning, moet die huishulp aandring op positiewe identifikasie voordat die deur vir enigiemand oopgemaak word.

Von Benecke maan huisvroue en huishulpe om deure te alle tye gesluit te hou. “Huisrooftogte is ‘n realiteit en oop deure is vir vermeende rowers ‘n uitnodiging,” sê sy.

Lees ook:

Vrou sterf by winkelsentrum

Tyre flippers reach out to children

Boy found after abduction

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button