CrimeLocal newsNews

Seuntjie op ventilator na hy amper verdrink

Driejarige seuntjie is in die waakeenheid van die Eugene Marais-hospitaal nadat hy Sondag in ’n swembad geval en byna verdrink het.

‘n Driejarige seuntjie van Amandasig is aan ‘n ventilator in die Eugene Marais-hospitaal gekoppel nadat hy byna verdrink het.

Danté Stroebel het Sondag saam met sy oupa en ouma by sy oumagrootjie se huis in Mootstraat, Daspoort, gekuier toe hy in bure se swembad beland het.

Sy ma, Jenel sê sy toestand is ernstig en dokters meen hy het ‘n kans van 10% om te oorleef.

“Die dokters sê dit gaan tyd kos om duidelikheid te kry oor sy kanse, want die swelling op die brein moet eers sak,” sê sy.

“Danté het baie water in sy longetjies gehad en kry antibiotika daarvoor. Hy kan alleen asemhaal, maar is nog op ‘n ventilator om hom te help asemhaal.”

Sy sê Danté se bloeddruk is nog baie wisselvallig.

Klein Danté se oupa, Johnny vertel dat die volwassenes besig was in die huis toe die kind verdwyn het.

“Hy was die hele tyd rondom ons en het by ons voete gespeel. Toe ons weer sien is hy weg. Ons het begin soek en die bure gevra om ook te kyk om hy nie dalk in hul erf is nie,” vertel die oupa.

“Hulle het gesoek en Danté in hul swembad gekry. Hy het skynbaar bo-oor die muur en in hul swembad geklim.”

Johnny sê niemand is seker hoe lank Danté in die water was nie. Die paramedici was vinnig op die toneel en het hom hospitaal toe gehaas.

Bestcare-ambulansdienste se woordvoeder Xander Loubser sê die kind is met moeite deur noodbehandeling bygebring nadat hy in ‘n swembad geval het.

“Ons het sy hartfunksie op die toneel herwin, maar hy was steeds baie onstabiel.”

Paramedici het die kind hospitaal toe gehaas, waar sy polsslag eers na 50 minute ten volle herwin is.

“Ons wil die Tshwane-nooddienste, ER24 en Hercules-polisie bedank vir hulle samewerking. Danksy goeie spanwerk kon ons die kind vinnig by die hospitaal kry,” sê Loubser.

Johnny sê die familie is nou in ‘n finansiële penarie omdat hulle nie ‘n mediese fonds het nie.

Pogings is aan die gang om vir Danté ‘n bed in ‘n staatshospitaal te kry, maar tot dusver sonder sukses. Daar is ook risiko’s daaraan verbonde om die driejarige dadelik te verskuif.

Jenel sê: “Ons is stukkend en voel dood binne. Jy kan niks doen nie. Ons voel hulpeloos.”

Kyk die video:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button