‘n Diepe hartseer het Woensdagoggend in ‘n stampvol NG-kerk Florauna geheers by die begrafnis van twee jong susters wat verlede week in ‘n motorongeluk dood is.
Carli Huyser (19) en haar suster Laurie (17) se heengaan het duidelik ‘n groot leemte gelaat.
‘n Skare van vriende, familie en kennisse het mekaar probeer troos terwyl twee spierwit doodskiste, elk met massiewe witroosruikers versier, die kerk ingedra is.
Die twee is verlede Woensdag op pad van Lichtenburg na Pretoria toe hulle in ‘n motorongeluk naby Brits gesterf het.
Hul pa, Hercules, sê die hartseer het hom stom gelaat, maar dat hy weet God het ‘n spesiale taak vir sy “twee prinsesse” in die hemel.
“Hulle was ware kamerade, sussies, maats en God weet hulle sou nie sonder mekaar kon leef nie,” het Huyser in sy huldeblyk gesê.
Hul ma Henriëtte Scheepers het gesê sy is dankbaar vir die tyd wat “liefste Carli en Lolla” vir hulle geleen is.
“Carli was my kunstige, bemoedigende en omgeekind terwyl Lolla my huppel-in-die-stap, behulpsame en groot-glimlag kind was. Ek gaan julle baie mis – julle was my lewe, maar julle is nou op die beste en veiligste plek,” het Scheepers in haar huldeblyk gesê.
Huldeblyk vir Carli en Laurie Huyser:
Sien fotos hier:
Lees ook:
Pretoria sussies sterf in ongeluk
Jong vrou sterf in Zambezi-ongeluk
Strafbare manslag ondersoek na vrou se dood in Zambesi ongeluk
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
