‘n Nuwe dekade van treffers
Jy kan 'n Nuwe Dekade van Treffers-album wen!

Parlotones, Blackbyrd, Watershed, Prime Circle, Joshua na die reën, Elizma Theron, Lloyd Cele, Willem Botha, Gerhard Steyn en nog vele meer van ons land se gewildste kunstenaars verskyn almal saam op ‘n Nuwe Dekade van Treffers, ‘n splinternuwe album wat beloof om aanhangers te laat dans tot die son opkom.
Die album bestaan uit ‘n versameling bekende treffers, maar spog ook met ’n hele paar splinternuwe snitte wat by enige musiekliefhebber sal aanklank vind. Daar is iets vir almal en dit is beslis nie aldag dat jy ‘n album kry waarop 40 treffers verskyn nie.
Die album skop af met Steve Hofmeyr se Sit die ligte aan en musiekgeesdriftigers kan uitsien na pragtige duette deur Riaan Grobler en Rinel Dey (die splinternuwe Mi Amore), Roux & Christi Cloete se Alles naby my, asook Burgerd en Zita se Jy.
Bekende groepe soos die Parlotones, Blackbyrd, Watershed en Prime Circle deel hul gunsteling treffers oor die jare en wie kan nou die gehalte van Joshua na die reën, Elizma Theron, Lloyd Cele, Willem Botha, Gerhard Steyn, Zahara en Vaughn Gardiner ignoreer?
‘n Nuwe Dekade van Treffers se unieke samestelling met Afrikaans- en Engelstalige kunstenaars se musiek sal vir ‘n wye gehoor vreugde bring. Dit is die ideale geskenk.
KOMPETISIE: 25 gelukkige Rekord-lesers kan elk ‘n Nuwe Dekade van Treffers-album wen. SMS die woord DEKADE en jou naam en van na 42282. Die kompetisie sluit Vrydag 24 Julie om middernag. SMSe kos R1.50. Gratis SMSe geld nie.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
