Vermeende rowers kruip in winkelsentrum se dak weg
Blou Maandag toe twee vermeende rowers in Montana Crossing se dak wegkruip.
Dit was ‘n blou Maandag vir inkopiegangers by Montana Crossing toe twee vermeende rowers in die winkelsentrum se dak weggekruip het.
Michelle de Jager, ‘n ooggetuie, was omstreeks 09:00 in Jetline om dokumente te laat druk toe sy mense op die dak hoor hardloop.
“Ek het my negejarige seun, JP, by my gehad toe ons die mense op die dak hoor. Toe ek na die deur se kant kyk, sien ek net polisie hardloop. Ek het my seun platgedruk en een van die ander kliënte het die winkeldeur toegemaak. Dit was chaos,” sê de Jager.
Enkele minute later het die polisie die winkel binnegestorm en die kliënte beveel om uit te gaan.
“Die polisie was bang dat die rowers deur die dak sou kom en ons moontlik aanhou. Toe ons buite kom, het dit gewemel van polisie en ander veiligheidsdienste. ‘n Polisie-helikopter was ook binne minute in die lug om die rowers vas te trek,” sê de Jager.
Sy sê die polisie was teen 10:00 nog besig om die toneel te fynkam vir die vermeende rowers.
Die polisie kon nog nie nadere inligting verskaf nie.

Lees ook:
Wakker polisieman trek glibberige vrou vas
Kinderveiligheid ’n prioriteit
Drie aangekeer vir gewapende roof
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
