CrimeLocal newsNews

Dak-inbrekers steeds op vrye voet

Montana Crossing-inbrekers is steeds op vrye voet nadat hulle by die winkelsentrum op Maandag ingebreek het.

Die vermeende diewe wat Maandagoggend by die Montana Crossing ingebreek het, is steeds soek.

Provinsiale polisiewoordvoerder Lt-kol Lungelo Dlamini het Dinsdag gesê die vermeende diewe het toegang tot een van die ondernemings gekry om deur die dak te klim.

Hy sê personeel het twee sakke met items in die middel van die winkel ontdek toe hulle Maandagoggend oopgesluit het.

“Die polisie is in kennnis gestel en hulle het dadelik ondersoek ingestel. Die polisie het eers vermoed die verdagtes mag dalk nog in die dak wegkruip. Hulle het oral gesoek, maar die verdagtes het spoorloos verdwyn.”

Hy sê dit is onduidelik hoeveel inbrekers daar was en wat gesteel is.

‘n Ooggetuie, Michelle de Jager, was omstreeks 09:00 in Jetline om dokumente te laat druk toe sy mense op die dak hoor hardloop.

“Ek het my negejarige seun, JP, by my gehad toe ons die mense op die dak hoor. Toe ek na die deur se kant kyk, sien ek net polisie hardloop. Ek het my seun platgedruk en een van die ander kliënte het die winkeldeur toegemaak. Dit was chaos,” sê de Jager.

Enkele minute later het die polisie die winkel binnegestorm en die kliënte beveel om uit te gaan.

“Die polisie was bang dat die rowers deur die dak sou kom en ons moontlik aanhou. Toe ons buite kom, het dit gewemel van polisie en ander veiligheidsdienste. ‘n Polisie-helikopter was ook binne minute in die lug om die rowers te probeer vastrek,” sê de Jager.

Enigiemand met meer inligting oor die inbraak kan Kaptein Barends by 082-822-7123 of 012-543-0800 bel.

Lees ook: 

Vermeende rowers kruip in winkelsentrum se dak weg

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button