CrimeLocal newsNews

Hof toe vir beweerde moordenaars

Charlene Buys se vermeende moordenaars gaan Donderdag op die aanklag van moord en poging tot moord in die landdroshof verskyn.

Die drie rowers wat ‘n hawelose vrou, Charlene Buys, in Mei glo doodgeskiet het gaan Donderdag vir die tweede keer in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Kaptein Augustinah Selepe sê die mans was op borgtog vrygelaat, maar sal weer Donderdag verskyn op sake-ondernemingroof, moord en poging tot moord. Sy sê die rowers is tussen die ouderdom van 24 en 26.

Sy sê ‘n ondersoek was van stapel gestuur om te bepaal of die dwaalkoeël wat Buys noodlottig gewond het van die polisie of van die rowers was. “Die polisie is onskuldig bevind,” het sy gesê.

Die mans is op 29 Mei in Soshanguve en Mamelodi vir hul betrokkenheid in die skietvoorval in hegtenis geneem.

‘n Drankwinkeleienaar (56) is in die arm gewond en van ‘n onbepaalde bedrag geld geroof. Die rowers het in ‘n silwerkleurige Honda Ballade van die toneel gevlug voordat ‘n skietery tussen die polisie en die mans op die hoek van Fred Nicholsonstraat en Smooklaan in Mei losgebars het.

Tydens die skietery is Buys deur ‘n dwaalkoeël noodlottig gewond voordat die rowers spoorloos verdwyn het, maar na ‘n intensiewe soektog het die polisie die drie mans in hegtenis geneem.

Lees ook:

Driejarige Danté se begrafnis

Man se liggaam in die Moot gevind

Ondersteuning vir bejaardes in die weste van Pretoria

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button