Local newsNewsSport

Nóg medaljes vir SA jeug span

Jong SA span vaar fantasties in Kolombië.

Suid-Afrika se jong atlete vaar vanjaar uitstekend by die IAAF World Youth Championship in Kolombië.

’n Onlangse prestasie is dié van Hoërskool Eldoraigne se supersteratleet Nicola de Bruyn.

De Bruyn (16), het ’n bronsmedalje ingepalm in die vroue 200m eindstryd, met ’n blitsige tyd van 23:38 sekondes, ’n persoonlike beste.

De Bruyn se tyd is ook net stadiger as die Suid-Afrikaanse jeugrekord.

“Die hele skool is trots op haar wonderlike prestasie. Baie geluk Nicola,” het Hoërskool Eldoraigne se bemarkingshoof Adrien Fourie gesê.

Twee van Hoërskool Eldoraigne se ander atlete het ook aan dié toernooi deelgeneem.

Theuns Ehlers het vyfde in die seuns 800m geëindig en het ’n persoonlike beste van 1:49:32 gehardloop.

Morné van As het ook deurgedring na die seuns 400m-hekkies, maar het by die tweede-laaste hekkie gestruikel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button