Polisie op soek na huisbreker
Die polisie versoek Moot-inwoners om op die uitkyk te wees vir vermeende huisbreker.
Die Moot-polisie is op soek na ‘n man wat verlede maand bykans R10 000 se goedere uit ‘n huis in Rietondale gesteel het.
Polisiewoordvoerder adjudant-offisier Anton Breedt sê die vermeende dief het met R10 000 se juwele, ‘n kamera, video kamera en selfone weggekom.
Die man het ingang tot die huis deur ‘n kamervenster verkry.
Breedt sê die polisie se ondersoek duur voort.
Enigiemand met meer inligting oor die man kan die ondersoekbeampte, adjudant-offisier Gina Brink, by 012-353-5403 bel.
Kyk die video:
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
