CrimeNews

Vrou om die beurt deur vier verkrag

Vrou deur vier rowers verkrag, terwyl haar man in 'n ander vertrek besig gehou word.

Terwyl ’n man deur een rower ondervra word, is sy 36-jarige vrou in ‘n ander vertrek om die beurt deur vier rowers verkrag.

Die egpaar van Huhudi, Vryburg in die Noordwes is Donderdagaand deur vyf rowes oorval en aangehou.

Volgens polisiewoordvoerder sersant Kealeboga Molale het die egpaar wakker geskrik toe hulle mense buite hulle huis hoor rondbeweeg. “Een van die mans het die huiseienaar op die naam gegroep en die huiseienaar het ondersoek ingestel.”

Toe die huiseienaar die deur oopmaak, het vyf mans ingestorm en ’n plasma TV geëis.

“Die huiseienaar het gesê dat hulle nie ’n plasma TV besit nie. Terwyl die een rower die huiseienaar verder ondervra het, het die ander vier sy vrou in ‘n ander vertrek om die beurt verkrag.”

Twee van die rowers is Vrydag in hegtenis geneem.

Die ander drie is nog op vrye voet.

Molale sê ’n saak van huisroof en verkragting word ondersoek.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button