Die lede van Hoërskool Akasia se eerste netbalspan het rede om breed te glimlag nadat die span onlangs as algehele kampioene in hulle liga uit die stryd getree het.
Die span is ook as D15 kampioene gekroon nadat hulle met kompeterende skole soos Hoërskool Pretoria-Noord, Hoërskool Gerrit Maritz en Hoër Tegniese Skool Pretoria-Tuine afgereken het.
Die span bestaan uit Kimay Govender, Mmarona Matshe, Masego Rampa, Kagalelo Ramasodi, Marinique Sanders, Chamarie Groenewald en Lizaan Enslin.
Het jy dalk nuus oor jou skool? Stuur gerus vir ons ‘n epos na schoolnews@rekord.co.za of skakel ons by 012 842 0300.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
