Pa van twee vermis
'n Pa van twee is sedert Vrydagaand vermis. Sy familie en vriende het na sosiale media gekeer in die hoop om hom op te spoor.
‘n Sosiale media soektog na David Wilson het Sondagaand soos ‘n veldbrand versprei.
Rekord het bevestiging by ‘n vertroulike bron gekry dat Wilson weg is en dat sy ouers tans by die polisie is.
Volgens Facebook-boodskappe wat versprei word het die oud Hoërskool Zwartkop-leerling en ‘n pa van twee, Vrydagaand spoorloos verdwyn. Hy was op pad van Carltonville af na Johannesburg in sy silver Mercedes Benz A-170. Die motor se registrasienommer is XXR 558 GP.
Familie en vriende het ook ‘n Facebook-blad vir Wilson gestig om bewusmaking te skep. Die blad se naam is David Wilson | Missing Person | Gauteng.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
