Rebeccastraat begrafplaas in ’n swak toestand
Inwoners wil hê Tshwane-metro moet iets doen aan die toestand van die Rebeccastraat-begraafplaas.
’n Pretoria-inwoner is glad nie beïndruk met die toestand van Rebeccastraat-begrafplaas in Phillip Nel Park nie.
Beatrice Wagener kla ook oor die gebrek aan veiligheid by die begraafplaas en dat sy en haar kinders onveilig voel as hulle haar man se graf besoek.
“Ek en my kinders kan glad nie daarheen gaan om blomme op my man se graf te sit nie. Dit is so toegegroei en baie gevaarlik om daar te probeer loop,” sê Wagener.
Sy sê dit is moeilik om in die begraagplaas te loop, want hulle kan nie sien as daar gate is nie en mens kan maklik ’n besering opdoen.
“Almal wat daar begrawe is, het eiendomsbelasting betaal toe hulle geleef het. Ons wat nog in die lewe is betaal steeds belasting. Wat word van ons belastingbetalers se geld?” vra Wagener.
Rekord het vroeër berig oor die begraafplaas wat sekere mense ook as ’n stortingsterrein gebruik. Mense het hulle huishoudelike vullis in die begraafplaas gestort.
Die omheining van die begraafplaas, aangrensend aan huise, is ook nog nie vervang nadat dit gesteel is nie.
’n Inwoner van Phillip Nel Park, Daniel Mhlongo, het aan Rekord vertel dat misdadigers ook die begraafplaas as ’n skuilplek gebruik.
“Ek het die werkers oor die toestand van die begraafplaas gevra en hulle het vir my gesê daar is niks wat hulle kan doen as daar niemand is om die werk te doen nie. Die begraafplaas bekommer ons as inwoners want dit is ons huise wat geteiken is.”
Daar is dele van die begraafplaas wat Tshwane-metro skoongemaak het, maar ander dele is net so gelos met die lang gras wat grafte toegroei.
Inowners eis dat Tshwane-metro iets aan die toestand van die begraafplaas doen, want hulle betaal belasting sodat begraafplase skoon gehou kan word.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
