GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

La-Rochelle hou AHMP se naam hoog by Miss SA Schools

Sy is nou betrokke by JAM, 'n organisasie wat poog om minderbevoorregte kinders regoor Afrika met 'n bakkie pap per dag te voed.

La-Rochelle Bekker ‘n graad nege leerling aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool is onlangs as een van die finaliste in die Miss SA Schools kompetisie verkies.

As deel van die kompetisie word van elke finalis verwag om ‘n liefdadigheidsprojek sowel as ‘n fondsinsamelingsprojek ten bate van CANSA te loods.

Bekker is nou betrokke by JAM, ‘n organisasie wat poog om minderbevoorregte kinders regoor Afrika met ‘n bakkie pap per dag te voed. Sy het onlangs ook klere en fondse vir minderbevoorregte gemeenskappe ingesamel wat sy in informele nedersettings uitgedeel het.

As deel van die kompetisie het sy ook ‘n fotogeniese kompetisie met ‘n sporttema vir meisies tussen die ouderdomme van drie en 17 jaar gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button