Skool derde keer besteel
’n Skool in Pretoria-Noord is vir die derde keer in twee weke besteel.

Corlia Kruger
’n Skool noord van Pretoria is die naweek die derde keer binne enkele weke beroof.
Die Christelik-volkseie Onderwys (CVO) Pretoria-Noord skool het Saterdogoggend weer deurgeloop nadat diewe toegang verkry het tot die skool en personeelkamer.
Dié keer is slegs ’n ketel en ’n kruik gesteel. Die ergste skade was aan die deur van die personeelkamer wat oopgebreek is.
Verlede week het die hoofsekretaris van CVO Pretoria-Noord, Susan Jacobs, vertel van twee vorige inbrake waar die diewe alles van waarde verwyder het.
“Hulle het tot die melk en suiker gesteel,” het sy moedeloos vertel na die tweede inbraak op 9 November.
Met die eerste inbraak kon die indringers slegs toegang kry tot een van die klaskamers waar ’n radio en staanwaaiers gebuit is.
Tydens die volgende insident is die skoolkantoor byna leeggedra. Rekenaars, drukkers en ’n laminator is onder meer gesteel.
“Pretoria-Noord se polisie was vinnig op die toneel en kon duidelike vingerafdrukke van die verdagtes kry,” vertel Jacobs.
Sekuriteit is weer opgeskerp by die skool na die onlangse inbraak en die skool hoop dat die nuwe veiligheid- en alarmstelsel indringers sal uithou.
Pretoria-Noord polisie is steeds op soek na die verdagte diewe en versoek inwoners om op die uitkyk te bly vir vreemde mense en voertuie.
Lees ook:
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
