CrimeLocal newsNews

Bonnie en Clyde verskyn in die hof

Bonnie en Clyde se saak van diefstal is uitgestel vir verdere ondersoek.

Corlia Kruger

Die sogenaamde Bonnie en Clyde van Montana het Vrydagoggend in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn.

Petro Robinson (51) en haar man James (57) word daarvan aangekla dat hulle ‘n klant besteel het.

Hul verhoor is tot 12 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek. Albei is uit op borgtog.

Petro is glo verlede maand op kamera betrap waar sy R200 000 in kontant uit ‘n klant se motor buite ‘n dobbelplek gesteel het.

Sy het na bewering die geld in ‘n kartondoos toe in haar eie voertuig gelaai.

Die egpaar het glo in Montana sake gedoen waar hulle sonkragprodukte verkoop het.

Petro is eerste aangekeer. Haar man is in hegtenis geneem na aanleiding van beeldmateriaal wat glo daarop dui dat hy bewus was van die diefstal.

Die egpaar word daarvan verdink dat hulle ook ander klante beroof het.

Lees ook: 

Bonnie en Clyde van Montana

Besigheidsvrou steel glo duisende

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button