CrimeNews

Water terug in krane en uit strate

Pretoria-Noord inwoners het weer water na die herstel van ’n gebarsde waterpyp.

Na ’n waterpyp Dinsdag in Koos de la Reystraat gebars het, is inwoners in die noorde gelukkig om aan te meld dat die probleem opgelos is en die water weer terug in hul krane is.

’n Span van die Tshwane-metro se water en sanitasie departement het Donderdag tot laat middag gewerk om die pyp te vervang.

“’n Boom wat sou meegee het herstelwerk gehinder,” het ’n woordvoerder vir metro, Lindela Mashigo aan Rekord gesê.

Na Rekord navraag gedoen het oor die lekkende waterpyp en straatligte wat buitewerking is, het Mashigo spoedig reageer om te sê dat die taakspan reeds aan die probleem aandag gee.

Inwoners in Koos de la Reystraat was sedert Dinsdag sonder water. Een van die inwoners, Lottie Buys, was gelukkig om te sê dat sy weer water in haar krane het na die waterpyp se herstel.

“Ons sal terugkeer oor die probleem met die buitewerkende straatligte,” het Mashigo ter afsluiting gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button