CrimeLocal newsNewsUpdate

‘Bonnie en Clyde’ terug in die hof

'Bonnie en Clyde' se diefstal-verhoor weer uitgestel.

Corlia Kruger

Die verhoor van die sogenaamde Bonnie en Clyde in die noorde van Pretoria is uitgestel tot volgende maand.

Petro Robinson (51) en haar man James (57) is daarvan aangekla dat hulle ’n klant besteel het. Die paartjie is verlede jaar aangekeer en albei is borg toegestaan.

Petro is glo in Oktober verlede jaar op kamera betrap waar sy R200 000 in kontant uit ‘n klant se motor buite ’n dobbelplek gesteel het.

Sy en haar eggenoot het saam hul eie onderneming bedryf toe hul die klant leer ken het.

Die egpaar het Dinsdag in die landdroshof in Pretoria-Noord hof verskyn en die saak is na die streekhof verwys.

Hulle sal op tot 17 Februarie terug in die hof wees.

Die egpaar is verlede jaar vasgetrek na aanleiding van beeldmateriaal wat glo toon hoe Petro geld in ’n kartondoos uit ’n motor verwyder en in haar eie voertuig plaas.

Dieselfde veiligheidskamera het James glo betrap waar hy sy vrou na hul motor volg en dan die voertuig elders parkeer.

Die egpaar het Dinsdag bleek en gespanne gelyk het, sê ingeligtes.

“Hulle het oornag verander en mens kan ‘n duidelike verandering in hul liggaamsbou opmerk.”

Lees ook: 

Besigheidsvrou steel glo duisende

Bonnie en Clyde van Montana

Bonnie en Clyde verskyn in die hof

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button