CrimeLocal newsNews

Twee gevang na diefstal in Eersterust

Drie mans het 'n winkeleienaar in St. Josephstraat aangehou en sigarette en geld van hom geëis.

Tshegofatso Ngobeni

Twee mans is Donderdagmiddag in Eersterust in hegtenis geneem nadat hulle ‘n winkeleienaar met ‘n speelgoedgeweer beroof het.

Polisiewoordvoerder Sersant Sam Shivambo sê volgens ooggetuies het drie mans die winkeleienaar in St. Josephstraat aangehou en sigarette en geld van hom geëis.

Hulle het ook werknemers van die winkel gyselaar gehou en het daarna gevlug met die goedere wat hulle gebuit het.

Die winkeleienaar het sy alarm aktiveer en die polisie is ontbied terwyl inwoners die diewe agterna gesit het.

Een van hulle is naby die Fred Margadie Primary School ingehaal en ‘n speelgoedgeweer is by hom afgeneem.

Die polisie het een van die ander twee mans in hegtenis geneem.

“Die man wat ons aangekeer het, het ‘n sak vol sigarette by hom gehad. Die derde rower het daarin geslaag om weg te kom maar ons hoop om hom spoedig aan te keer,” sê Shivambo.

Die twee mans wat in hegtenis geneem is sal binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button