CrimeLocal newsNews

Bejaarde kry berading na skietery

Na 72-jarige Trudie Coetzer ’n verdagte inbreker geskiet het, sê sy kan sy nooit werklik weer veilig voel nie.

Corlia Kruger

‘n Bejaarde vrou van Centurion kry berading nadat sy vandeesweek ’n inbreker raakgeskiet het.

“Die veiligheidsdop om my is gebreek,” het die 72-jarige Trudie Coetzer vroeër aan Rekord gesê.

Sy het verlede Vrydag twee verdagte mans in haar erf gewaar. Terwyl een van die mans die spaarkamer-venster probeer oopbreek het, het sy hom na ’n waarskuwing met ’n rewolwer geskiet.

Albei die mans het van die toneel af gevlug en is later deur veiligheidspersoneel in Pierre van Ryneveld, Centurion aangekeer.

“Paramedici op die toneel het die een man vir die skietwond in sy arm behandel,” sê voorsitter van sektor 3 GPF Lyttelton, Gwen Smith.

Sien video – Trudie Coetzer praat met Rekord na voorval:

Smith het ook na die voorval berading aan Coetzer verleen.

“Die eerste ding wat ek gedoen het is om maar terug te keer na my gewone roetine,” sê Coetzer. “Ek dink vir my is dit beter om besig te bly en nie te tob oor die voorval nie.”

Coetzer gee uit eie ondervinding nou raad aan vroue, veral bejaardes, om altyd oplettend te bly en heel eerste sektorpolisiëring of hul naaste polisiekantoor te skakel in ’n krises.

 

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button