CrimeLocal newsNews

Moot-gesin vasgebind en beroof

Polisie is op soek na twee mans ná ‘n huisroof Donderdagaand in Môregloed.

Andrea Küsel

’n Gesin in die Moot is vasgebind voordat twee rowers hul huis in Môregloed Donderdagaand geplunder het.

Villieria-polisie is op soek na die twee onbekende mans wat die huis in Keurboomstraat omstreeks 21:30 deur ‘n oop voordeur betree het.

Polisiewoordvoerder Colette Weilbach sê ’n man (56) en sy vrou is deur die rowers met ‘n vuurwapen gedreig waarna hulle vasgebind is. Hulle het die huis geplunder en die egpaar se seun in ‘n kamer gekry.

“Hy is na sy ouers gebring waar hy ook vasgebind is.”

Een van die mans is met die huiseienaar se motorsleutels uit om die voertuig te gaan soek. Hy is egter afgeskrik deur ’n motor wat op die sypaadjie geparkeer was.

Die twee het by die agterdeur met ’n selfoon, ’n beursie en ander items uitgevlug.

Die Villieria-polisie sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button