Droefheid het die mense van Eersterust Maandag getref met die die dood van twee jong mense van die gemeenskap.
Die 21-jarige Brendon Apples is Maandag dood aangetref by die Denneboomstasie naby Mamelodi nadat hy oënskynlik selfmoord gepleeg het.
Later in die dag is Isaac Modise (17), ‘n graad 11-leerling van die Eersterust Sekondêre Skool, dood nadat hy gekla het oor kwaai hoofpyn.
Apples se ma Cecilia sê haar seun het verlede week Dinsdag vedwyn. Sy het hom laas gesien toe hy daardie oggend 05:00 werk toe is.
“Hy het nie by die werk uitgekom nie en ek het dadelik die polisie die volgende dag gebel toe hy nie huis toe kom nie.”
Sy het haar seun verlede Woensdag as vermis aangemeld en inwoners en die media om hulp gevra vir enige inligting wat haar sou help om hom op te spoor.
“Die polisie het sy lyk gevind en hom lykhuis toe geneem.”
Apples sê die polisie het haar in kennis gestel dat hulle ’n lyk gekry het wat ooreenstem met haar seun se beskrywing.
“Die polisie sê hy het selfmoord gepleeg deur voor ’n trein in te spring,” sê Apples.
“Brendon was ’n baie stil en liefdevolle kind en het in Gezina gewerk.”
Die familie het die lyk uitgeken en hy sal Saterdag begrawe word.
Modise se dood was net so ‘n groot skok, veral vir sy skool.
Sy suster Precious sê hy is hospitaal toe gebring nadat hy gekla oor kwaai hoofpyn.
“Sy toestand het verswak en hy is dood. Die hospitaal kon nie die presiese oorsaak van sy dood bevestig nie.”
’n Gedenkdiens sal Dinsdag by die skool vir hom gehou word en hy word Saterdag begrawe.
Hy laat twee susters en ’n broer agter.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
