Sinoville-sakeman beroof
Die eienaar het lone in kontant aan sy werknemers betaal en is verras deur drie rowers.
‘n Sake-onderneming is Vrydagoggend in Sinoville beroof.
Polisiewoordvoerder adjudant-offisier Johan van Dyk sê die eienaar van die onderneming en een van sy werknemers is by ‘n kleinhoewe in Marjoramstraat oorval en van kontant beroof.
“Die eienaar het lone in kontant aan sy werknemers betaal en is verras deur drie rowers.”
Dit het omstreeks 07:30 gebeur.
Die drie rowers het die eienaar en sy werknemer vasgebind en met ’n onbekende bedrag kontant voet in die wind geslaan.
“Polisie stel ondersoek in,” sê Van Dyk.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
