CrimeLocal newsNews

Betoging oor grafskending

Betogers op pad om ’n memorandum oor grafskending aan ’n kleinhoewe-eienaar in Sinoville te oorhandig.

Ongeveer 80 betogers is ontevrede oor beweerde grafskending op ’n Haakdoornlaagte-kleinhoewe noord van Pretoria.

Die betogers beplan Saterdagoggend ’n optog om ’n memorandum aan die kleinhoewe-eienaar te oorhandig.

Nadat ’n boodskap op sosiale media oor die beoogde optog geplaas is, het polisiewoordvoerder adjudant-offisier Johan Van Dyk Saterdagoggend bevestig dat polisie reeds op die toneel in Sinoville wag waar die optog beoog word.

 

“Die betogers is tans op pad om ’n memorandum te oorhandig aan ’n inwoner by die plotte,” het Van Dyk om 10:50 gesê.

 

Die eienaar van die kleinhoewe op Haakdoornlaagte word daarvan beskuldig dat hy grafte geskend of beskadig het.

 

Die betogers stap glo vanaf die N1-snelweg na die kleinhoewe. Inwoners en motoriste word aangeraai om die Walmannsthal en Haakdoornlaagte-omgewing te vermy.

 

Polisie is op die toneel en hou die situasie dop.  

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button