CrimeLocal newsNewsUpdate

Vreedsame optog oor beweerde grafskending

Polisie en ’n kleinhoewe-eienaar ontvang ’n memorandum van ’n groep betogers na aantygings van grafskending.

Sinoville-polisie het ’n optog oor beweerde grafskending na ’n Haakdoornlaagte-kleinhoewe in die noorde van Pretoria Saterdag fyn dopgehou. Volgens die polisie het die aksie vreedsaam verloop.

Minstens 70 betogers, wat ontevrede is oor beweerde grafskending op die kleinhoewe, het Saterdagoggend van die N1-snelweg af na die hoewe gestap om ’n memorandum aan die eienaar te oorhandig.

“Die memorandum is aan die eienaar van die plot, sowel as die polisie oorhandig. Die eienaar het 14 dae om op die memorandum te antwoord,” sê polisiewoordvoerder adjudant-offisier Johan Van Dyk.

Lees ook:

Betoging oor grafskending

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button