CrimeLocal newsNews

Inbreker loop sy rieme styf

Booswig betrap in The Reeds toe hy by huis inbreek.

Danksy die vinnige reaksie van ’n veiligheidsgroep en sektorpolisiëring is ’n inbreker Sondagmiddag vasgekeer.

Die boef is in The Reeds, Centurion betrap.

“Orange Fox, Monitor Net en Weirdabrug-sektor 2 polisiëring het op ’n noodoproep van ’n huisinbraak gereageer,” sê Vanessa Jacobs van Orange Fox.

Reaksie-eenhede was blitsig op die toneel waar die dief aangekeer is.

“Dit is onbekend of daar ander verdagtes op die toneel was,” sê Jacobs.

Die inbreker is aan die polisie oorhandig.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button