Rooftog op Waltloo-sakeperseel
Twee gewapende mans beroof ’n onderneming in die Moot.

’n Sake-onderneming in die Moot is Saterdagaand deur twee gewapende mans beroof.
Die eienaar van ’n onderneming wat kragopwekkers verkoop, het die roof aangemeld.
“Ons het die oproep ontvang op ons radio. Die eienaar het twee gewapende mans gerapporteer wat sy besigheid beroof het,” sê Theo Breedt van die Moot misdaad-voorkomingsgroep.
Breedt sê die twee verdagtes is in Maggsstraat in ’n swart BMW-voertuig gewaar met die registrasienomme: SJG173GP.
Dit is onbekend wat hulle gesteel het.
Breedt vra dat mense in die omgewing moet aansluit by die Zello-selfoongroep om noodgevalle vinning aan te meld.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
